News

Gewapende rowers kaap 2 voertuie in polisie jaagtog; loop hul vas

Gewapende rowers kaap 2 voertuie in polisie jaagtog; loop hul vas

Twee verdagtes is vroeër deur die polisie in hegtenis geneem, 2 is dood en 1 het ontvlug na n jaagtog en skietery waartydens die verdagtes ook 2 voertuie gekaap het.

Die vyf verdagtes wat deur die polisie gesoek is vir n gewapende  roof naby Mooinooi in  Noordwes, is net na 08:00 vanoggend, Vrydag 29 April, naby Kroonstad opgemerk.

Lede van Kroonstadse Landelike Veiligheid en misdaadvoorkoming was besig by n voertuig nagaan punt op die Steynsrus-pad toe hul inligting ontvang het oor die vermoedelik gesteelde swartkleurige Porche met sy 5 insittendes wat in hul rigting onderweg is.

Daar is dadelik vir hulp van lede van omliggende polisiestasies gevra.

Toe die verdagtes die polisie opmerk het hulle blitsig weggedraai in die rigting van die N1 en toe n afrit gevat na die Vredefort pad.

Lede het bystand gevra en dadelik boere in die omgewing ook gevra om hulp te verleen om sekuriteitskameras op toegangsroetes in die omgewing te monitor onderwyl die polisie op die hakke van die verdagtes was.

Die 5 verdagtes het toe afgedraai op n grondpad wat lei na die R82 tussen Vredefort en Koppies. Langs die pad het die verdagtes probeer om n vragmotor te kaap maar toe n Toyota Rav 4 gesien en besluit om die vragmotorbestuurder te los en toe met die gekaapte Rav gevlug. Die insittendes van die Rav is gestrand langs die pad agtergelaat.

Toe die verdagtes sien dat die polisie hul inhaal het hul op die polisie begin skiet en voortgejaag.

Daarna het hulle ook n Polo voertuig gekaap, en het 2 van die verdagtes by die Polo ingeklim, en die oorspronklike insittendes van die Polo langs die pad agtergelaat.

Die skietery tussen die verdagtes in die Polo en die polisie het voortgeduur tydens die jaagtog en is 2 van die verdagtes noodlottig gewond.

Twee van die 3 insittendes in die Rav is uiteindelik gearresteer en die derde het ontvlug.

Die 2 verdagtes wat gearreateer is sal voor die Sasolburgse landdroshof verskyn vir klagte van gewapende roof, voertuigkaping en poging tot moord.

Die provinsiale polisie kommissaris lt-genl Baile Motswenyane het groot lof gehad vir die samewerking tussen polisielede en andere  om die 2 verdagtes te kon vastrek. Mense wat inligting het oor die verdagte wat gevlug het  is gevra om 08600 10111 te skakel of die MySAPS toepassing te gebruik.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button