NewsNews

Voëlklublede kuier dié naweek by Rietpoort

Voëlklublede kuier dié naweek by Rietpoort

 

Die Feathers voëlklub kom weer Donderdag, 28 April om 18:30 by die Sally Martin Park-saal byeen. Interessante besprekings sal by die geleentheid gehou word, en foto’s van ons geveerde vriende vertoon word.
Daar is ‘n groot verskeidenheid voëls in en om Parys, en dit sluit ook vreemde besoekers in.
Verlede maand is die Europese Koekoek opgemerk met die klub se uitstappie na Breathe River Lodge. Hierdie voël is nie altyd in ons omgewing te sien nie.
Almal wat belangstel in voëlkyk word vriendelik genooi om die klubbyeenkomste by te woon.
Saterdag, 30 April kuier klublede op Rietpoort, net buite Parys op die Potchefstroom pad.
Op uitnodiging van mnr. Gert Prinsloo gaan klublede poog om die Rietpoort-voëlspesielys uit te brei.
Belangstellendes vertrek om 06:30 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein.
Bring jou piekniekmandjie, voëlboek, verkyker en kamera saam.
Almal is welkom.
Vir meer inligting oor Feathers skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button