News

My hartjie my liefie die son sak weg, die son sak weg….

My hartjie my liefie die son sak weg, die son sak weg....

 

Ja, Valentynsdag is beslis verby, maar die liefde is sekerlik nog nie verby nie. Veral nie Afrikaanssprekendes se liefde vir hul taal nie. Dis weer sulke tyd. Lekker vrolike saamsingtyd!
Die ATKV Vredefort Koepel is by heelwat musiekgerigte projekte betrokke.
Daar was ook reeds twee baie suksesvolle saamsing-geleenthede by O’s Restaurant in Parys.
“Die trekpleister soontoe is natuurlik hul lieflike vleuelklavier.”
Op die oggend van 7 Mei kan jy weer só ‘n lekker saamkuier rondom musiek beleef.
Stof gerus jou FAK sangbundel af, en kom voeg jou stem by.
Almal is baie welkom.
Jy hoef nie noodwendig ‘n ATKV-lid te wees nie. As jy lief is vir Afrikaans en vir sing, is hierdie die ideale geleentheid. Om jou plek te bespreek, kan jy gerus vir Corlia Wentink-Kruger na 14:00 by 082 732 0257 laat weet.
“Ons hoop om sommer ‘n groot groep geesdriftige saamsingers te wees. Moenie op jou laat wag nie, hoe meer siele, hoe meer vreugde,” sê die organiseerders.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button