NewsNews

Met ‘n glimlag maak Johannesburgse leerders dorp se strate skoon

Johannesburgse leerders maak dorp se strate skoon

 

Vyf en dertig leerders van die private skool St Johns in Johannesburg is vandeesweek weer in Parys waar hierdie kinders tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar ’n ongelooflike verskil in mense se lewens maak met die gemeenskapsure wat hulle insit as deel van die Community Hours-inisiatief saam met projekorganiseerder Sarah Welton Blake
Wat ’n gesig was dit nie om te sien toe hierdie leerders Maandagoggend vroeg begin het om oral in die sentrale sakekern skoon te maak en vullis op te tel. Kinders wat geen verbintenis met die dorp het nie, maar wie se handewerk ’n blywende voetspoor laat.

 

 

Dit is reeds die tweede jaar wat hulle Parys gekies het om gemeenskapswerk hier te kom doen. Waar daar verlede jaar 25 kinders was wat deelgeneem het, was daar soveel belangstelling vanjaar dat daar ’n waglys was.
Hulle bly vir die week by Hadeda Creek en sal hul onder meer tydens die week hokke skoonmaak en help met die versorging van die diere by die DBV, ’n partytjie hou vir gestremde kinders van die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled, help om die Precious Learning Centre ’n nuwe voorkoms te gee, en stoele wat hul self maak oorhandig aan die Lehlohonolo Day Care Centre.
Lees in volgende week se Gazette meer oor wat die kinders die afgelope week hier vermag het sonder vergoeding, vrywillig en met glimlagte wat hul omgee en deernis gewys het vir die organisasies waarna hulle uitgereik het.

 

Related Articles

Back to top button