News

Parys het NOU jou stem nodig

Parys het NOU jou stem nodig

Daar is min dorpe wat so onder jou vel kom lê soos Parys – die Vrystaatse afdruk van sy Franse naamgenoot wat geensins afsteek as dit kom by die romantiek en unieke karakter van die dorp nie.

Sommer so met die inry in die dorp as jy op ’n Saterdag die talle motorfietse in die hoofstraat sien – of die vele voete met rugsak en tekkies wat die strate invaar om egte plattelandse hartlikheid te ervaar, verstaan jy hoekom stedelinge hier hart verloor.

Ja, elke dorp het sy uitdagings, maar dié kompetisie gaan oor die dorp se karakter, sy mense, dit wat die dorp laat uitstaan,

 

 

Dit wat jy beleef waneer jy in Parys se strate stap, die Vaal se wilde bokspringe sien, die besondere straat graffiti-kuns, eiesoortige restaurante, kuns, winkels, kuierplekke, die groot verskeidenheid van toerisme aktiwiteite en die besondere natuurskoon van die Koepel Wêrelderfenisgebied.

Dit is wat Parys besonders maak en dit is waarom die dorp JOU stem NOU nodig het.

Soos verlede jaar is Parys onder die  semi-finaliste  vir Kwela se Dorp van die Jaar 2022-kompetisie, en kan jy vir Parys nou stem vanaf 24 – 29 April.

In 2018 was Parys die Vrystaatse finalis, en word daar weer vanjaar op Jan en San Publiek se stemme staatgemaak om die wendorp aan te wys.

Slegs 30 sms’e per nommer word in hierdie rondte toegelaat en getel en SMS’e kos steeds R1.50 per SMS. SMS sommer nou die woord PARYS na 33157. Vra jou vriende, jou familie, sommer almal wat jy ken om te stem vir jou dorp.

Die stemlyne is  amptelik oop en kan jy stem tot 29 April om 12:00 

Die foto is by Egweni River Lodge in Parys geneem waar die prag graffiti-kunswerke teen die brugpilare ook al in die water staan. Foto: Verskaf

Hieronder is die skakel na die semi-finaliste vir die Vrystaat, Oos-Kaap en Mpumalanga

https://kyknet.dstv.com/program/kwela_275/seisoen/23/dorp-van-die-jaar-2022-streek-4-6-kw%C3%AAla/video

Related Articles

Back to top button