News

Waar trekkers nie kan nie, help beeste

Waar trekkers nie kan nie, help beeste

  Vir boere is die maak van brandbane baie belangrik vir die wintermaande, maar wanneer jou plaasgrense op die ranteveld is, vol klippe, is dit ‘n uitdaging om ‘n trekker hier in te bring. Die Coetzee-familie in die Vredefort-distrik gebruik die afgelope drie jaar hul beeste om tussen die rante langs die grensdrade skoon te vreet, waar nie geskraap kan word nie.

Vantevore het hulle hier gespuit of stroke gebrand wat heelwat moeite verg, sê Gideon Coetzee, maar met die hulp van drukbeweiding gebruik hulle nou beeste om skoon te vreet oor die koppe. Stroke van sowat 100m lank en 30m breed word dan met elektriese draad gespan, waarop nagenoeg 135 beeste gesit word, afhangend van die hoeveelheid gras en klippe.

Die beeste word geskuif sodra die gras kort genoeg gevreet is. Meestal dragtige koeie of koeie wat nie kalwers het nie word gebruik. Mobiele water- en krippunte is ingerig, en is die stelsel nie arbeidsintensief nie, sê hy. Goeie tydsberekening is egter nodig om die drukbeweiding voor die wintermaande te doen.  

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button