News

Sitplek in die water; Gholfeiland-brug ook vanoggend gesluit

Baie water kom - wees gewaarsku

Parys – Die  laagwaterbrug na Gholfeiland was vroeg vanoggend gesluit nadat die Vaalrivier se water Maandagaand 18 April oor die brug begin spoel het. Daar is vroeg vanoggend al begin om boomstompe wat teen die brug vasgespoel het, uit die rivier  te haal om ‘n blokkasie te voorkom.

Mense veral teen rivieroewers is gewaarsku dat nog baie water op pad is met nog twee sluise wat vandag by Vaaldam oopgetrek word.

Die eerste sou reeds om 10:00 oopgemaak word en nog een om 12:00. Dit beteken dat daar dan in totaal teen vanmiddag, Dinsdag 19 April, sewe sluise by die Vaaldam oop sal wees, net soos wat in Januarie vanjaar ook die geval was.

Dié bankie in die park by die ingang na Gholfeiland in Parys, staan nou onder water nadat die Vaalrivier se watervlak aansienlik gestyg het sedert gister.

Die Vaal se water het al Maandagaand 18 April oor die laagwaterbrug na Gholfeiland begin loop en moes boomstompe wat teen die brug vasgespoel het verwyder word om ‘n blokkasie te verhoed. Nog baie water is op pad met nog twee sluise wat vandag by Vaaldam oopgemaak word.  


    Die laagwaterbrug in Parys wat toegang na Gholfeiland gee, is vanoggend gesluit. Die ingang vanaf die R59 moet nou gebruik word. 

Die verwagting is egter dat die watervlak hoër sal wees as wat in Januarie gesien is. In Januarie was die vloei 1 500 kubieke meter per sekonde toe die watervlak op sy hoogste was. Barrage alleen laat nou reeds 1 700 kubieke meter per sekonde uit en met die bykomende sluise wat vandag oopgemaak word, kan verwag word dat die Vaalrivier se watervlak beslis aansienlik gaan styg oor die volgende 12 uur.

Wanneer sluise oopgemaak word by die Vaaldam vat dit ongeveer ses ure om tot by Barrage te kom wat ongeveer halfpad is, na Parys, en dan nog ses ure verder voordat die effek van die sluise wat oopgemaak word, in Parys  gesien sal kan word. Die Vaal se water het vanoggend al behoorlik gebokspring en is ook die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel gesluit vir verkeer en voetgangers omdat water oor die brug begin loop het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button