Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is tans gesluit vir verkeer en voetgangers nadat die Vaalrivier se water oor die brug begin loop het. Die watervlak het aansienlik gestyg van 2,23m wat gister, 18 April om 07:30 gemeet is, na 2,6m wat vanoggend gemeet is.
Die foto is vanoggend, 19 April om 06:30 by die Schoemansdrift-brug geneem deur Sue Jansen van Rensburg.
Só het dit nog gister, 18 April, by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel gelyk. Foto: Sue Jansen van Rensburg.
In Januarie vanjaar moes die brug ook gesluit word vir verkeer toe die Vaalrivier se water ook oor die brug gespoel het. Die foto hieronder is in Januarie vanjaar geneem.
You can read the full story on our App. Download it here.