NewsNews

Skokkend hoeveel uit aanhouding ontsnap

Skokkend hoeveel uit aanhouding ontsnap

 

 

Van die 3 570 gevangenes wat die afgelope 5 jaar landwyd ontsnap het, het die meeste uit polisieselle ontsnap. Nog eger is dat meer as 1 460 polisielede vir nalatigheid aangekla moes word wat verband hou met die ontsnappings.

Die skokkende syfers is deur die nasionale minister van polisie, Bheki Cele bekendgemaak in antwoord op ‘n parlementêre vraag, nadat hy eers 14 dae grasie gevra het om die inligting wat gevra is te bekom.. Cele het gesê dat ‘n nasionale plan ontwikkel is om ontsnappings en sterftes tydens polisieaanhouding voortaan  te verhoed, en dat die plan nou jaarliks hersien word.

Hy het gesê polisiekantore waar gereeld ontsnappings is,  geidentifseer word om die patroon en omstandighede van ontsnappingsvoorvalle te probeer bepaal vir beter voorsorg.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button