News

Só word vierkante die mooiste komberse vir winterwarmte

Só word vierkante komberse vir winterwarmte

 

Dit is die ene bedrywigheid by Anna Patat in Parys se hoofstraat. Mense bring gebreide en gehekelde vierkante, en vat weer vierkante om aanmekaar te werk, want hier word gebrei en gehekel vir ‘n vale om bejaardes van Amot dié winter warm te hou.

Dertig komberse is al gereed en meer as 100 gebreide of gehekelde vierkante wag om aanmekaar gewerk te word. Selfs deur die pos word die gebreide en gehekelde vierkante van oral aangestuur. Elke dag word die blokke en komberse meer.

  Die projek is ‘n paar weke gelede deur Anna Patat en die NG gemeente Parys-Wes gesamentlik aangepak en al wat gevra is, is dat elke hand wat kan hekel of brei in enige kleur, enige wol en enige patroon, ‘n blokkie van net 15x15cm sal maak om iemand hierdie winter warm te hou. Wil jy nie help nie? Al die blokke kan by Anna Patat in Breëstraat, Parys, afgegee word wat dan die blokke aanmekaar werk en dit omskep in die mooiste komberse vir die bejaardes van Amot. Die sluitingsdatum om blokke in te handig is 30 April. Mense kan ook hul skenkings (wol/blokke) met Paxi pos as hulle dit nie self in Parys kan afgee nie. As jy nie self kan brei of hekel nie, kan jy ook wol of hekelgare by Anna Patat afgee om te skenk vir die projek. Onthou elke blokkie maak ‘n verskil vir ‘n bejaarde wat die warmte en vreugde van die projek gaan ervaar.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button