NewsNews

Kom loer in by die museum oor die Paasnaweek

Kom loer in by die museum oor die Paasnaweek

Mense help skryf aan die geskiedenisstorie van ‘n dorp. Interessante staaltjies, familiegeskiedenis. Noem maar op. Dalk het jy foto’s of van hierdie staaltjies en vertellinge wat jy graag wil deel. Stories soos wat jy in die Parys-museum raak lees. Vertel ons hiervan. Jy kan vir Horst Muller skakel by 083 348 7820.

Dalk is dit ook dié Paasnaweek juis ‘n gulde geleentheid vir jou en familie wat kom kuier, om te gaan inloer by die Parys-museum, en weer op die spore van onthou te loop as jy ‘n liefde het vir geskiedenis. Onthou dat die Parys-museum tans net op afspraak oop is vir besoekers.

Skakel Warren by 072 657 6056, of Horst by 083 348 7820 as jy graag die museum wil besoek, of by die museum betrokke wil raak. Dankie vir elke Parysenaar wat die afgelope twee weke reeds hulp aangebied het by die Parys-museum, en wil help om hierdie juweel vir die dorp en sy mense te bewaar.  

Related Articles

Back to top button