News

Dié twee oudleerders spog elk met nog ‘n A

Dié twee oudleerders spog elk met nog 'n A

Amé van Wyk en Danja van Rhyn, twee oudleerders van Hoërskool Parys, spog elk met nog ‘n A-simbool by ná die hermerk van hul Fisiese Wetenskap en Afrikaans Huistaal matriek eindeksamen vraestelle onderskeidelik.

Amé van Wyk

Amé kan dus nou spog met ‘n skitterende ses A-simbole vir die 2021 matriekeindeksamen vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, RTT, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Sy studeer tans fisioterapie aan die Universiteit van die Vrystaat – ‘n droom wat vir dié skrander leerder bewaarheid is.  

Danja van Rhyn

Danja het  in totaal nou drie A-simbole vir die 2021-matriekeindeksamen vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering onderskeidelik. Sy is tans ‘n eerstejaar student in geoktrooieerde rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button