NewsNews

Talle beseer na vragmotor en bus bots

Talle beseer na vragmotor en bus bots

Paramedici het 17  pasiënte insluitende ‘n vrou wat in ‘n kritieke toestand was, na hospitale in Potchefstroom vervoer vir behandeling

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 07:00 op die toneel gekom.

“Die vragmotor was langs die pad en die bus ‘n ent  verder in die veld. Die passasiers van die bus het op die toneel rondgeloop. Daar was een vrou in die middel van die pad,” het Meiring gesê.

Volgens hom was die vrou  in ‘n kritieke toestand.

“Die 29 ander passasiers, almal volwassenes het slegs geringe beserings opgedoen.,” het hy gesê.

Paramedici het 17 van die passasiers, insluitende die  vrou wie se toestand kritiek was na hospitale in Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button