NewsNews

‘Seun’ en medepligtige skuldig aan moord op prokureur-sakeman

‘Seun’ en medepligtige skuldig aan moord op prokureur-sakeman

 

Die twee mans wat in Januarie 2019 ‘n bekende prokureur-sakeman van Vereeniging vermoor en daarna sy lyk in die Vaalrivier gegooi het is Maandag (11 April 2022) op aanklagte van moord in die Palm Ridge-hof skuldig bevind.

  Tau, ‘n werknemer van Lyell, wat by hom gebly het en soos ‘n ‘butler’ en ‘n ‘seun’ vir hom was, en Mpangeva, ‘n medepligtige, het glo op die aand van 11 Janurie 2019 die oorledene by sy huis aangeval.

 

Tau en Mpangeva het vir Lyell met ‘n piksteel geslaan en met ‘n tou gewurg. Llyel het aan beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het beswyk.

 

Tau en Mpangeva het op die aand van die moord vir Lyell van sy Volswagen Jetta, ‘n Huaweii-selfoon, sy 9mm Beretta semi-outomatiese pistool met ammunisie en ‘n Seiko-polshorlosie beroof. Hulle het daarna sy lyk in ‘n kar gelaai, na ‘n brug oor die Vaalrivier gery en die lyk in die water gegooi in ’n poging om bewyse te vernietig. Lyell se lyk is die volgende dag, op 12 Januarie 2022, in die Vaalrivier ontdek. Die saak is tot 17 Junie uitgestel om die staat tyd te gee om voorvonnisverslae te finaliseer.  

Die plek waar Eric Lyell se lyk op 12 Januarie 2019 in die Vaalrivier ontdek is. Foto: Christiaan Cloete

Die twee is later in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Volledige berig – https://vaalweekblad.com/129825/seun-en-medepligtige-skuldig-aan-moord-op-prokureur-sakeman/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button