News

Slaggat-slagting op VS-paaie: Ons gaan regmaak, sê Fikile

Hengse slaggate op Vrystaat paaie 'n doodsgevaar

   

 

R1,4 miljard gaan vir padopgraderings in die Vrystaat beskikbaar gestel word met nog ‘n verdere R900 miljoen wat beloof  word. Só het Fikile Mbalula, die minister van vervoer gesê. Gazette het verlede week berig oor die haglike toestand van paaie in die Vrystaat wat meer na ‘n slagveld lyk met al die slaggate. Met die onlangse  sluiting van die R30 tussen Welkom en Allanridge, is alternatiewe roetes vir motoriste voorgestel. Een daarvan was die R34.

Maar soos soveel ander paaie in die Vrystaat, is slaggate op dié pad ‘n doodsgevaar. Of jy die R57 tussen Sasolburg en Heilbron ry, die R34 of die S44, of die S223 – noem maar op – op gedeeltes van die paaie moet motoriste langs die pad ry om die slaggate te probeer vermy, want daar is net nie meer genoeg teer op die paaie om dit veilig te maak nie.

Saans en in reënweer is dit ‘n doodsvonnis.

 

 

   

 

 
By baie grondpaaie, soos ook die S171 (Vaal Eden-pad), moes boere en grondeienaars al dikwels in die verlede op eie koste inspring om te help om die paaie te onderhou.

 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button