NewsNews

“VS paaie ’n slagveld, en daar’s nie geld om reg te maak nie”

“VS paaie ’n slagveld, en daar’s nie geld om reg te maak nie”

 

 

Met die sluiting van die R30 tussen Welkom en Allanridge verlede week, is alternatiewe roetes vir motoriste voorgestel. Een daarvan die R34. Maar soos soveel ander paaie in die Vrystaat, is slaggate op dié pad ‘n doodsgevaar vir hulle wat die paaie moet gebruik.

Of jy die R57 tussen Sasolburg en Heilbron ry, die R34 of die S44, of die S223 – noem maar op – op gedeeltes van die paaie moet motoriste langs die pad ry om die slaggate te probeer vermy, want daar is net nie meer genoeg teer op die paaie om dit veilig te maak nie. Saans en in reënweer is dit ‘n doodsvonnis.

Maar die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het eenvoudig nie die geld om die skade aan paaie te herstel waar bykans daagliks ongelukke weens die slaggat-slagting gebeur. By baie grondpaaie, soos ook die S171 (Vaal Eden-pad), moes boere en grondeienaars al dikwels in die verlede op eie koste inspring om te help om die paaie te onderhou.    

 

 

Die R57 is lewensgevaarlik vir motoriste sê insleepdienste wat daagliks motoriste moet help wat óf in botsings betrokke was weens die slaggate op die pad, of groot skade aan hul voertuie en bande het as gevolg van die gate. Foto’s: Verskaf

 

Regs: Die R34 is as een van die alternatiewe roetes voorgestel nadat die R30 tussen Welkom en Allanridge verlede week gesluit is weens die groot aantal sterftes op die pad. Maar kyk hoe lyk die pad.  

 

Wanneer die provinsiale regering wel herstelwerk aan provinsiale paaie laat doen, is die werk soms van só ‘n swak gehalte dat die herstel van korte duur is, sê motoriste. Dit is ook nie net motoriste, nooddienswerkers en insleepdienste wat hande in die hare sit oor die provinsie se paaie nie.

Ook verkeersbeamptes in die provinsie het hul eie frustrasies. Onder normale omstandighede werk hulle nie 24/7 nie. Wanneer daar dan later gewerk moet word, moet hulle hul tyd vrywillig aanbied, en word hulle nie daarvoor vergoed nie, sê verkeersbeamptes. Opruimingswerk op ongelukstonele kan soms ure neem en moet hulp op die toneel verleen word. Só trek almal aan die kortste ent van die meer gat as pad, maar die provinsiale regering draai oënskynlik ‘n blinde oog.  

 

 

 

Related Articles

Back to top button