NewsNews

As die kat weg is, is die muis baas op Marion

As die kat weg is, is die muis baas op Marion

 

Glo dit of nie – muise is tans een van die grootste bedreigings vir Marion-eiland se ongelooflike voëlskat van meer as agt miljoen seevoël individue. Voëlliefhebbers van heinde en ver het einde Januarie vanjaar die geleentheid gehad om aan boord van die MSC Orchestra, die bootvaart, “Flock to Marion”, te kon meemaak.

Die inisiatief van Bird Life SA het gesorg vir seker die grootste aantal voëlkykers byeen wat die wonder van die eiland van uiterstes kon beleef.  

Die Flock to Marion aanboord van die MSC Orchestra: Foto verskaf deur Resa van der Merwe

Ekoloog Lukas Niemand het verlede week tydens die byeenkoms van die Feathers Voëlklub kom gesels oor sy belewenisse van die voëls van Marion. As kundige op sy vakgebied wat avifuana konsultasiewerk in Oos- en Wes-Afrika gedoen het, en meer as 810 voëlspesies in suidelike Afrika geïdentifiseer het, het hy menige gesoute voëlkyker, maar ook groentjies geïnspireer om die verkyker op te tel en te begin luister en waarneem uit die natuur.  

 

Ekoloog Lukas Niemand saam met Sarel van der Westhuizen op die MSC Orchestra se “Flock na Marion” bootvaart. Foto verskaf deur Resa van der Merwe

Sy boeiende verduideliking oor die invloed van wind op migrasiepatrone van voëls, die wysneuse se besondere reuksintuig, kompleksiteit van die identifisering van albatros spesies, en hoe jy baie seevoëls kan uitken aan die manier hoe hulle vlieg, het jou deel gemaak van die Marion-belewenis van ‘n vulkaniese eiland met sy suiwer eenvoud waar jy die natuur tasbaar beleef.  

 

Oud-Parysenaaar, Anche Louw  by een van die Wandering Albatros individue op Marion-eiland. Foto: Verskaf

Lukas het onder meer ook uitgebrei oor die muisplaag op Marion wat veral vir die voëls wat op dié eiland broei, ‘n groot bedreiging inhou. Die muise is al vir 200 jaar op die eiland en is eers katte gekry om te help om die muise gevang te kry.

Die katte het egter toe self ‘n bedreiging vir die voëls begin inhou. Gevolglik moet nou na ander strategieë en borgskappe gekyk word om die probleem aan te spreek.  

Resa van der Merwe en haar suster, Charity van Buren-Schele, tydens die bootvaart. Resa is van Parys en dit deur haar toedoen dat ekoloog Lukas Niemand met lede van die Feathers Voëlklub kom gesels het.

 

Daar was groot pret op die boot toe daar vir ‘n funksie soos voëls aangetrek is, en die dames die “Great Frigate bird” voorgestel het. Twee van regs met die geel hare is Comrades-koning, Bruce Fordyce. Foto verskaf deur Resa van der Merwe.

 

Volg die skakels oor hoe jy kan help om Marion-eiland se voëls te help beskerm teen die muisplaag, en om die vordering van die projek dop te hou. – https://mousefreemarion.org/

asook https://www.sanap.ac.za/the-mouse-free-marion-project

 

 

 

Related Articles

Back to top button