NewsNews

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

 

 

Die 71-jarige mnr. Jurie Wessels, wat gisteroggend, Maandag 4 April, tragies in ‘n helikopterongeluk net buite Parys gesterf het, was een van die grootste boere in die Hennenman-distrik wat naas ‘n melkery, ook ‘n saai- en veeboerdery bedryf het. ‘n Man wat ontsettend hard gewerk en stil geleef het.

Hy was juis die oggend na die Dedwiths se plaas Rockridge net buite Parys onderweg met melkmonsters, toe die helikopter op Rockridge neergestort het.

Die ongeluk het omstreeks 08:40 gebeur, het polisiewoordvoerder, kapt. Malebo Khosana, bevestig. Mnr. Wessels is deur nooddienswerkers op die toneel dood verklaar. Hy was alleen in die helikopter.

Die Hughes 268C helikopter het die kragdrade getref en neergestort by ‘n skuur. Mnr. Wessels was ‘n baie ervare vlieënier met sowat 30 jaar se vliegervaring. ‘n Ondersoek sal deur Burgerlugvaart gedoen word om die presiese omstandighede van die tragiese ongeluk te bepaal, het kapt. Khosana gesê. Ons innige medelye aan sy vrou Linda, dogters Lindie Fourie, Juanita Nel en Isma Fourie en sy kleinkinders.

 

 

Related Articles

Back to top button