News

Mooiste sypaadjie-tuin: Skryf in – daar’s groot pryse om te wen

Só lyk die April-inskrywings sover

 

 

Onthou dat jy nou reeds kan inskryf vir April se kompetisie vir die Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys. Gou spring met jou inskrywing – fantastiese pryse kan gewen  word. Die kompetisie sluit 21 April. Alle inskrywings vir Maart, met die uitsondering van die Maart-weninskrywing, dring outomaties deur vir die April-kompetisie.

 

Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik: * Enige iemand kan deelneem. * Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie! * Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer! * Maart-inskrywings wat nie as wenner aangewys is nie, sal outomaties oorgedra word na die volgende maand se kompetisie. Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van, en straatadres na 083 258 3586. Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir April sluit 21 April.

 

Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, oorhandig word op dieselfde dag wat die wenner aangekondig word, by die wenner se spog sypaadje. Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.

 

Wat kan jy wen?

 

🌟 Een nag se verblyf by River Rock Lodge
🌟 ‘n Wildrit deur Savannah Africa
🌟 Spa geskenkbewys van Stepping Stones Spa
🌟 ‘n Pragtige plant van Misty’s Garden Select
🌟 ‘n Geskenk van WITH HEART Creations En, natuurlik die wisseltrofee wat deur die burgemeester vir Ngwathe aan jou oorhandig word.

 

Borge wat wil bydra tot die kompetisie met pryse of geskenkbewyse, veral ook vir die tuiniers wat help om hierdie pragtige sypaadjies instand te hou, kan vir Sanette by 083 258 3586 skakel.

 

 

Hier is die prag sypaadjies wat reeds ingeskryf is. Dui gerus in jou kommentaar op die berig aan watter sypaadjie-inskrywing jou gunsteling is en onthou gou spring – inskrywings sluit Maandag 21 April.

 

 

 

 

   

 
 

             

 

 

 

 

 

 

 

Neem deel en maak ons weer trots op ons dorp! Dit kos jou niks, net die bereidwilligheid om deel te neem en ‘n verskil in jou dorp te maak.

 

* Let asseblief daarop dat Petit Jardin net een van die beoordelaars en fasiliteerders van die kompetisie is en nie enige geldelike gewin uit die kompetisie kry nie. Please note that Petit Jardin does not receive any income or any other form of advantage with this competition. Petit Jardin is the main facilitator of the competition as well as one of the judges.

 

 

Related Articles

Back to top button