NewsNews

Mizelle dans haar pad oop na Spanje

Mizelle dans haar pad oop na Spanje

Haar insluiting in die SA span wat in Junie vanjaar aan die Dance World Cup in Spanje sal deelneem, het die kroon gespan op baie harde werk en toewyding op die dansbaan vir die jong, talentvolle en veelsydige Mizelle Terre’Blanche van Parys.

Die besondere prestasie vir dié matriekleerder van Hoërskool Ferdinand Postma, volg ná haar deelname aan die Dance World Cup in Pretoria, waar sy ná baie strawwe kompetisie met 2 silwer en 1 brons medalje kon wegstap. Sy spog ook met drie eerste plekke en die platinum toekenning vir die beste senior danser in die wêreld, na afloop van die virtuele internasionale danskompetisie, Stars of the Universe, waaraan sy vroeg vanjaar deelgeneem het.

Volgens Elrine Kotze, prinsipaal van DanceWorx, het Mizelle vanaf 2020 die een uitstekende toekenning na die ander losgedans. Mizelle het onder meer ook in die2de helfte van 2021 deelgeneem aan die provinsiale Talent Africa kompetisie, en met al haar items gekwalifiseer vir die nasionale Talent Africa finaal waar sy 7 goue medaljes verower het.

Mizelle is eers aangekondig as kategorie-wenner, maar die kroon op haar harde werk was toe sy die toekenning verower het as beste senior danser in SA, sê Kotze wat sê dat desondanks Mizelle se uitnemende prestasies sy nederig bly.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button