News

Michiel van Breda du Toit Famieliebond hou fees

Michiel van Breda du Toit Famieliebond hou fees

Afstammelinge van Michiel van Breda (gebore 1843) en Jakoba Elizabeth (gebore 1847) het onlangs weer die feesvure laat brand toe daar die naweek van 19-21 Maart by Udolpho net buite Parys saamgekuier is.
Die familie het ‘n Familiebond gestig juis om die familieregister in stand te hou, en saam met familie argiefmateriaal vir die nageslag te bewaar. Een van die doelstellings van die Familiebond was om gereelde byeenkomste te hou soos wat nou weer by Udolpho gehou is.
Michiel en Elizabeth het 14 kinders gehad, waarvan nege afstammelinge het. Drie kinders is oorlede en twee egpare was kinderloos. Vanjaar het die feesreëlingskomitee oudergewoonte met passie gewerk om die saamtrek te reël.

 

Michiel en Elizabeth het 14 kinders gehad, waarvan nege afstammelinge het.

Van jonk tot oud het die fees baie geniet, staaltjies gedeel, ou familievriende het weer bande opgetel en daar is gekuier tot laat die nag. Soos met ander families, het van die gesinne in hierdie familie hulle ook oor die jare in die buiteland gevestig, en is die kuier selfs daar voortgesit met familielede wat onder meer in Amsterdam en Nederland saamgekuier het.
Die volgende familie saamkuier word beplan vir 2025 met die herdenking van Michiel van Breda se 100 jaar sterfdatum.

 

 

Afstammelinge van Michiel van Breda (gebore 1843) en Jakoba Elizabeth (gebore 1847) het onlangs weer die feesvure laat brand toe daar die naweek van 19-21 Maart by Udolpho net buite Parys saamgekuier is. Op die foto is die feesreëlingskomitee met Adolien, Gerda, Anna en Bibi voor en Piet, Pieter, William, Chael, Carin en Riesa agter.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button