NewsNews

Geesfees se beste baarde kom uit Potch (en Nieu-Seeland!)

Geesfees se beste baarde kom uit Potch (en Nieu-Seeland!)

Niekie Pullen van Potchefstroom is as die nasionale wenner aangewys na ‘n unieke tweegeveg met die akteur, Neil Sandilands, wat vanuit Nieu-Seeland ingeskryf het.

Die Virseker Geesfees 2022 wat van 18 tot 20 Maart by die Lekwena Wildlife Estate gehou is,  het vir tonne pret en plesier, veral onder die manne met die beste baarde, gesorg.

Alles was natuurlik vir ‘n goeie doel, met fondse wat na Solidariteit Helpende Hand se Stop Honger-veldtog gegaan het. Een van die interessante kompetisies wat groot aftrek by die fees gekry het was die Geesfees se Maart is Baard KuberBaard-kompetisie.

Manne met die voortreflikste baarde het landwyd aanlyn  ingeskryf met hulle foto’s wat op die Geesfees se Facebookblad gelaai is. Die publiek kon hulle foto’s like en ook aanlyn stem. Niekie Pullen van Potchefstroom is as die nasionale wenner aangewys met die meeste stemme na ‘n unieke tweegeveg met die akteur, Neil Sandilands, wat vanuit Nieu-Seeland ingeskryf het.

Sandilands, wat bekendheid vir sy rol as Bart in die sepie 7de Laan verwerf het, het gesien dat Niekie se stemme begin inrol en het toe op Facebook sy aanhangers opgekommandeer om te verseker dat hy wen.

Neil Sandilands, die bekende akteur en musikant wat tans in Nieu-Seeland woon, het die Kuberbaard-kompetisie se internasionale kategorie gewen.

Op die ou einde is Sandilands as die internasionale wenner aangewys na ‘n taai geveg tussen die twee majestueuse baarde.

“Die KuberBaard kompetisie was great. Ek het die dag nadat ek ingeskryf het gesien dat ek ‘n klompie stemme het. Ek dog toe laat ek die foto share, en wragtig toe begin die stemme klim,” noem Pullen.

“Ewe skielik sien ek ou Neil Sandilands geniet dit nie dat ek voorloop nie en hy kry al sy mense om te stem. Ek het besluit ek gaan nie net lê nie en toe begin die geselsies tussen my en hom op sosiale media,” vertel Pullen.

“Ek het dit geniet om op die dag met Neil persoonlik te praat en so ook ‘n nuwe pel te maak. Daar is gesê ons gaan visvang en definitief ‘n bier by Potch Dorp Rugby Klub drink. Ek bedank almal wat gestem het en spesiaal dankie aan almal wat vir my gestem het. Julle is spesiaal,” noem hierdie Potchefstromer met die wenbaard.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button