NewsNews

Skade aan R59 herstel danksy sakemanne wat help

Skade aan R59 herstel danksy sakemanne wat help

Die skade aan die R59 net buite Parys tussen die Parys Vliegveld en Wolwehoek is Dinsdagoggend deur ‘n professionele kontrakteur herstel.

Dit is gedoen danksy die bydraes van tien sakemanne van Parys aan wie groot dank verskuldig is vir die inisiatief.

Die skade aan die pad is veroorsaak toe twee vragmotors op 19 Maart in die vroeë oggendure gebots, en met die impak van die botsing aan die brand geslaan het.

Die pad was na die botsing vir ure gesluit weens die geweldige hitte van die smeulende wrakke wat opruimingswerk bemoeilik het. Die wrakke moes stuk vir stuk losgesny, en met ‘n hyskraan van die pad verwyder word.

Die skade aan die pad het net ‘n dag na dié botsing tot ‘n tweede ongeluk gelei en verskeie motoriste het skade aan hul voertuie se bande gehad. Daar was Dinsdagoggend ook weer ‘n ongeluk waar die pad herstel sou word.

Related Articles

Back to top button