NewsNews

Elke vierkant kan iemand hierdie winter warm hou

Elke vierkant kan iemand hierdie winter warm hou

Eke hand wat kan hekel of brei om ‘n blokkie van net 15x15cm te maak, enige kleur, enige wol, enige patroon – is al wat nodig is om ‘n bejaarde by die Amot Tuiste vir Bejaardes hierdie winter warm te hou. Wil jy nie help nie? Al hierdie blokke kan by Anna Patat in Breëstraat, Parys, afgegee word wat dan die blokke aanmekaar sal werk en dit sal omskep in die mooiste, kleurvolle en warm komberse vir bejaardes van Amot wat hulle hierdie winter sal warm hou.

 

Aan die hekel is van links Anneke Odendaal, Lizanne van Reenen, Shawna Stapel en Joanetta Widd. Foto: Verskaf

Die projek word gesamentlik aangepak deur Anna Patat en die NG-gemeente Parys-Wes. Die sluitingsdatum om blokke in te handig is 30 April sodat die komberse betyds oorhandig kan word. Mense van oral is welkom om hul skenkings (wol/blokke) met Paxi te pos as hul dit nie self in Parys kan afgee nie. En as jy nie self kan brei of hekel nie, kan jy ook wol of hekelgare by Anna Patat afgee om te skenk vir die projek. Onthou elke blokkie wat gebrei of gehekel word, maak ‘n verskil.

Related Articles

Back to top button