NewsNews

Die Kruistog – stap jy saam?

Die Kruistog - stap jy saam?

 

Vredefort is die gasheer van “Die Kruistog” – ‘n idee gebore uit die begeerte van dié gemeenskap om Paasfees vanjaar spesiaal te maak. Dit word op Goeie Vrydag, 15 April van 11:00 tot 13:00 in Vredefort gehou.

“Vir die dorp se mense is dié projek ‘n geleentheid om saam te kom en die dorp te gebruik om die lewe en oorwinning van Christus aan die kruis te verkondig en te vier!” sê die organiseerders. ‘n Roete van 3km is deur die dorp uitgelê.

Elkeen wat deelneem bring ‘n kruis en stap die roete saam met die konvooi. Die kruis kan enige vorm aanneem – van ‘n eenvoudige stokkie-kruis tot ‘n lewensgrootte kruis.  

 

 

 

 

Vredefort se jeug gaan ook ‘n klomp verskillende kruise maak en vir diegene uitdeel wat nie kruise kan saambring nie. Langs die simboliese roete sal uitbeeldings en borde wees wat die verhaal van Jesus vertel en aan die voorpunt van die konvooi – ‘n kruis-vlot waaraan die afgelope weke hard gewerk is. Vir mense wat graag wil deel wees van Die Kruistog maar nie kans sien om die hele roete te stap nie, is voorsiening gemaak met wildbesigtigingsvoertuie wat beskikbaar sal wees en waarop mense sal kan saamry. Die roete begin by die Vredefort-sportgronde in Eerstelaan in Vredefort, en sal weer daar eindig.

By die sportgronde sal daar verskillende stalletjies wees wat koeldrank en eetgoed verkoop. Kom ondersteun hulle gerus. Daar is geen toegangsgelde of kostes verbonde aan Die Kruistog nie. Die organiseerders maak staat op eie fondse, borge en skenkings vir alle uitgawes, en wil graag so tot seën van die gemeenskap wees. Voorverlede week het Gazette ook berig van die werk wat reeds gedoen is om die dorp se sportgronde juis vir die geleentheid weer netjies te maak. Die volledige program, asook ander inligting is beskikbaar op die webblad, www.kruistog.co.za. Nooi gerus jou bure en familie en kom deel in ‘n onvergeetlike Paas-ervaring op die Via Dolorosa van die Vrystaat in Vredefort op Goeie Vrydag!  

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button