NewsNews

Hier was g’n pad, net gat

Hier was g’n pad, net gat

    Net enkele meters van Parys se baie bekende hangbrug is Fickstraat. ‘n Kort maar besige straatjie veral oor naweke, waar jy gereeld hengelaars op die rivieroewer sien sit, of besoekers aan die dorp sien omdraai in dié singel nadat hulle na die Vaalrivier en die hangbrug met sy honderde slotte kom kyk het. Maar in plaas van om na die rivier te kyk, moes motoriste sodra hul in Fickstraat indraai, hier eerder soek na wat oor is van die pad wanneer dan skud-skud teen slakkepas deur die enorme slaggate gekruie moes word. Plek vir uitswaai was daar ook nie, want die gate is oor die hele ryvlak. ‘n Hele 23 gate in net 50m. Maar hiervan het hulle nou genoeg gehad, het WJ Putter en sy skoonseun EJ Viljoen, besluit.

Hulle het verlede week self die grawe geneem en saam met ‘n werker, Joseph Hlalele, met R2 000 se sement, die slaggate gevul. Hoewel hul al vantevore die gate met teer reggemaak het, ry motoriste die teer eenvoudig net weer uit omdat hier so baie motors draai, sê WJ. Hoewel hulle nie self in die straat bly nie, was WJ bekommerd oor sy skoonma wat elke keer wanneer sy en haar bejaarde ma moes dorp toe ry, moet sukkel om deur die gate te kom. Daarom het hy en EJ besluit dat hulle dié keer sou seker maak die gate bly toe. En as jy gedink het net Suid-Afrikaners is nou al gatvol vir die gate, is daar darem ‘n skrale troos.

Selfs bekendes soos die 77-jarige Britse rocksanger, Rod Stewart, het verlede week slaggate by sy huis in Essex, Engeland reggemaak. Hy sê op ‘n video op Instagram dat niemand anders gepla is om dit reg te maak nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button