NewsNews

Duisende liters water het hier verlore gegaan

Pyplek nou bykans herstel

‘n Stukkende asbespyp waaruit duisende liters skoon water gestroom het, en dan in die Vaalrivier ingeloop het, is bykans herstel.

Dit is goeie nuus vir Parysenaars wat al verby gefrustreerd is oor die droë krane.

Danksy ‘n inwoner, Judith van Niekerk, wat die waterlek opgemerk en aan DA rdl. Saal de Jager gerapporteer het, is die tegniese span gekry en die herstelwerk van die pyp op die h/v Briel- en Esplenadestraat nou byna voltooi.  

 

     

Saal het inwoners gevra om asseblief sou hul waterlekke opmerk dit onmiddellik te rapporteer. Mense kan hom skakel by 082 321 0091.      

Related Articles

Back to top button