News

Gebedsdiens by R30 ná duikspanne nog ‘n liggaam uithaal

Nog 'n sterfte op R30

 

 

Polisieduikers het vanoggend, Donderdag 24 Maart net voor 01:00 die liggaam van die derde insittende van ‘n motor wat Woensdagaand 23 Maart in die water weerskante van die R30 tussen Bothaville en Allanridge beland het, uit die water  gehaal.

Nooddienswerkers is Woensdagaand 23 Maart net voor 21:00 na die toneel ontbied toe die voertuig met drie insittendes die pad verlaat en in die water beland het. Dit is die soveelste ongeluk op dié gedeelte van die pad nadat die pad vroeg in Februarie oorstroom het ná swaar reën. Konstruksiewerk is toe aan die pad gedoen om die geweldige skade wat die water aan die teervlak veroorsaak het, te herstel.  

 

Lede van die publiek het vanoggend, Donderdag 24 Maart, ‘n gebedsdiens op die R30 tussen Bothaville en Allanridge gehou, ná die soveelste sterfte op die gedeelte van die pad, Woensdag 23 Maart.

   

 

Sedertdien is minstens 11 mense al hier oorlede  nadat daar bykans weekliks voertuie meestal saans hier in die water beland.

Sedert Gazette oor die ongelukke op die pad berig het, het verskeie lesers al kommentaar gelewer en meen die meeste dat die pad wel veilig is met duidelike spoed- en waarskuwingsborde, en dat die ongelukke volgens die kommentaar van lesers eerder te wyte kan wees aan spoed en die verontagsaming van die waarskuwingsborde. Ander weer beskryf die pad as ‘n doodspad wat eerder gesluit moet word. Maar vir baie motoriste en ook boere is hierdie ‘n noodsaaklike roete.    

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button