News

Vragmotorbestuurder sterf in botsing op R59; pad steeds gesluit

R59 tussen N1 en Parys steeds gesluit

 

Die R59 vanaf die N1 in die rigting van Parys, tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld  is steeds gesluit, ná ‘n botsing tussen twee vragmotors vroeg vanoggend. Verkeer word tans herlei en is voorsien dat opruimingswerk ‘n geruime tyd sal duur.

Die vragmotors het gruis en papier onderskeidelik vervoer.

Beide vragmotors het met die botsing aan die brand geslaan en is een van die vragmotorbestuurders in die botsing oorlede. Die ander vragmotorbestuurder se toestand is kritiek.  

Die padoppervlak is erg beskadig weens die brand, en word daar gewerk om die pad stuk-stuk op te ruim omdat die wrakke nog baie warm is en dit voortdurend nog plek-plek gebrand het. 

Die vooruitskatting is dat die pad vir minstens nog ‘n paar uur gesluit sal wees omdat die wrakke uitmekaar gesny moet word en wrakstukke dan met ‘n hyskraan verwyder moet word.  

 

 

 

 

 

 

 

D

Die botsing was net na 05:00 vanoggend kort nadat nooddienste en buurtwaggroepe ook ‘n oproep ontvang het van ‘n brand by ‘n stoor by Shiloh Shalom net buite Parys.  

 

 

 

   

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button