NewsNews

Nuwe baadjie vir dorp se eie private biblioteek

Nuwe baadjie vir dorp se eie private biblioteek

 

 

Parys spog al die afgelope 11 jaar met sy eie private biblioteek waar mense wat lief is vir lees, kan kies uit ‘n wye verskeidenheid van boeke van alle genres, tydskrifte, DVD’s en CD’s wat hier uitgeneem kan word.

Die Kultuurkamer en leestuin met sy besondere en unieke karakter het deesdae ‘n splinternuwe baadjie nadat die biblioteek se deure Saterdag, 5 Maart amptelik geopen het by Buitenstraat 46. Boekliefhebbers sal onthou dat Die Kultuurkamer sedert 2016 ‘n tuiste in die ou kerkie by die Fredericksgebou in Waterstraat gehad het.

Die afgelope maand is daar hard gewerk met die trekkery en kan lesers uitsien na ‘n selfs nog meer besondere leeservaring by die huis van Lucia Gericke, wat in 2011 die inisiatief geneem het vir die opening van die private biblioteek. Die Kultuurkamer bied meer as 5 000 boeke vir oud en jonk in beide Afrikaans en Engels.  

 

 

 

   

Boonop is 70% van die boeke nuwe boeke deur gewilde skrywers, en is daar iets vir almal – van volwassenes tot jongmense, tieners, kinders en kleuters. Of jy hou van fiksie, geestelike of vakboeke, of selfs biografieĂ«, of boeke oor stokperdjies en tuinmaak – jy sal dit hier kry.

Om boekwurms aan die lees te hou kan jy tot agt boeke op ‘n keer uitneem en ‘n DVD of CD, of twee tydskrifte. Vinnige lesers kan hul boeke weekliks kom ruil, of dit hou vir ‘n maand as jou tyd meer beperk is vir lees. DVD’s, CD’s en tydskrifte moet egter nĂ¡ ‘n week terugbesorg word.

Hernuwings kan gedoen word (ook telefonies). En as jy soek na goeie tweedehandse boeke teen billike pryse, moet jy beslis ‘n draai by Die Kultuurkamer maak. Daar is selfs splinternuwe tweedehandse boeke wat verkoop word. Vrydae en Saterdae kan daar in die boomryke tuin ontspan word – ‘n lafenis vir die siel.  

 

 

 

Die Kultuurkamer bied benewens die biblioteek ook funksies/aktiwiteite aan vir ‘n maksimum van 25 persone, flieks vir ‘n maksimum van 12 persone, en ‘n storie-uur en leesverryking vir kinders (kleuterskole of speelgroepe) wat vooraf bespreek moet word. Van tyd tot tyd is daar ook boekbekendstellings en voorlesingsoggende.

Die biblioteek is Woensdae tot Vrydae van 10:00-16:00 oop, en op Saterdae van 10:00 tot 15:00.

As jy meer van die biblioteek wil weet. skakel Lucia by 084 503 0371 of Dawid by 072 127 2771.  

 

       

Related Articles

Back to top button