NewsNews

Jy sal nie glo nie – nog ‘n motor in die water!

Jy sal nie glo nie - nog 'n motor in die water!

   

 

Nadat daar Donderdag 17 Maart weer ‘n voertuig in die water langs die R30 tussen Bothaville en Allanridge beland het, het dit sowaar vanmiddag net na 15:00 weer gebeur. Sover bekend is niemand in die ongeluk beseer nie.

Verskeie lesers het gister verbaas gereageer op die hoeveelheid ongelukke op hierdie gedeelte van die pad waar daar vroeër konstruksiewerk gedoen is toe die pad vroeg in Februarie verspoel het, en water van ‘n pan langs die pad  oor die pad gespoel en groot skade aan die teervlak aangerig is.

Sedertdien is daar bykans weekliks ongelukke op die pad met minstens 7 sterftes al. Nadat Gazette oor Donderdag se botsing berig het, het verskeie lesers wat die pad gery het nadat die konstruksiewerk voltooi is, in kommentaar op die berig gesê hulle voel dat die pad wel veilig is vir motoriste, maar dat nie alle motoriste ag slaan op die spoedbeperking en waarskuwingsborde nie.  

 

   

Related Articles

Back to top button