NewsNews

Dankie vir soveel oop harte vir sentrum se inwoners

Dankie vir soveel oop harte vir sentrum se inwoners

   

 

Die vreugde en dankbaarheid wat verlede week gesien is op die gesigte van die 72 inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, kan kwalik in woorde beskryf word. Danksy die gemeenskap se oop harte kon daar Vrydag, 11 Maart tydens die sentrum se opedag ‘n verskil vir hierdie inwoners gemaak word. Gazette het verlede week berig van die geweldige nood wat ook hierdie sentrum in uitdagende ekonomiese tye ervaar.

Baie dankie aan Dolco Elektries wat gloeilampe vir die sentrum geskenk het, Keltrade vir die finansiële bydrae vir skoonmaakmiddels, ondersteuning van Ntsu, Parys Primêre skool se leerders, ouers en onderwysers vir die ongelooflike bydrae vir inkleurboeke, kryte en potlode vir die terapieklasse vir die inwoners, sowel as beddegoed wat geskenk is, personeel van Parys Gazette wat gehelp het met die regpak van die sentrum se tweedehandse winkel, en Overcomers wat naas hul bydrae vir die sentrum, ook tien vrywilligers beskikbaar gestel het vanaf 21 Maart om te help met vrywilliger werk in die sentrum se tweedehandse winkel, kombuis, groentetuin en sorgsentrum.

Dankie vir hulle wat anoniem met skenkings na die sentrum uitgereik het en elkeen wat die sentrum se opedag bygewoon het en bemoeienis gemaak het met hierdie inwoners om ook tyd met hulle te spandeer. Naas skenkings is tyd een van die kosbaarste maniere hoe jy na die sentrum kan uitreik.  

 

 

Bo: Sommige het donasies gegee en ander van hul tyd om uit te reik na die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys. Paulina Barda (links) van Parys Gazette het die dag opsy gesit om te help om die sentrum se tweedehandse winkel reg te pak.

  Dankie aan elkeen wat die sentrum se Bounce Event die afgelope naweek ondersteun het, asook die markdag by Checkers waar die sentrum van hul eie organiese groente uit hul groentetuin verkoop het. R700 is met die markdag ingesamel. Dit was die suksesvolste nóg vir die sentrum met naas die groente en kruie wat verkoop is, ook bewusmaking in die gemeenskap van die werksaamhede van die sentrum.  

 

Die sentrum se markdag is so goed deur die gemeenskap ondersteun dat die vooraad organiese groente sommer gou uitverkoop was. Foto’s: Verskaf  

 

Mense was veral beïndruk met die gehalte van die groente wat alles organies is, en met die sentrum se inwoners wat ten spyte van hul liggaamlike en verstandelike gestremdhede, self verantwoordelikheid neem vir die versorging van die groentetuin. Laaste maar nie die minste nie – dankie ook aan elke ander instansie, besigheid en die boere van die distrik wie se harte oop is vir die sentrum. Sonder die ondersteuning van die gemeenskap sal hierdie sentrum nie in die behoeftes van sy inwoners kan voorsien, vir wie die sentrum vir baie van hulle hul enigste huis is.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button