News

R8 500 vir bestuurslisensie – en toe kry die geld en die beloofde lisensie voete

R8 500 vir bestuurslisensie - en toe kry die geld en die beloofde lisensie voete

Om jou bestuurslisensie op onwettige wyse te bekom, kan jou duur te staan kom.
Só het twee verdagtes, Keneilwe Elisa Molehe (53), en Kebautlwile Jacqueline Kgwadi (47), op die harde manier geleer toe hulle gearresteer is vir bedrog en korrupsie. Hulle het reeds Maandag 14 Maart voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Volgens Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, wou hul slagoffer gedurende Maart gaan registreer vir vir sy bestuurslisensie toets. Een van die verdagtes het hom genader en gesê dat hy  Matsobane Michael Mokhonwana (48) ken, wat hom kan help om sy bestuurslisensie te kry.
‘n Ontmoeting is gereël met Mokhonwana en is ooreengekom dat die slagoffer gehelp sal word met sy bestuurslisensie vir R8 500. Nodeloos om te sê die geld is betaal, maar dit was die laaste sien van die geld en die beloofde bestuurslisensie.
Die slagoffer het daarna herhaaldelik probeer om uit te vind wat geword het van die geld en lisensie, en het toe uiteindelik die saak by die polisie gaan rapporteer. Die saak is daarna oorgegee aan die Valke. Hierop is Kgwadi en Molehe Saterdag 12 Maart gearresteer deur die Valke en die Taktiese Reaksie eenheid van die polisie in Bloemfontein.
Mokhonwana en Lehlohonolo Athy Molosi (46) is reeds in Januarie vanjaar gearresteer.
Molehe en Kgwadi het reeds voor die hof verskyn en is borg toegestaan van R500 elk. het kapt. Singo gesê.

Related Articles

Back to top button