NewsNews

Kom ons maak reg: Ons het jou foto’s nodig

Kom ons maak reg: Ons het jou foto’s nodig

 

 

Kom ons help om Parys weer ‘n spog dorp te maak. Vir eers sal daar gefokus word op afwesige en verbleikte verkeerstekens en gevaarlike hoeke en kruisings waar sig deur boomtakke en lang gras versper word.

Wanneer jy weer iewers in die dorp sou ry – neem ‘n foto van kruisings of verkeerstekens wat werklik ‘n ernstige gevaar vir motoriste inhou.  

Stuur dan jou foto na die Gazette by 060 690 7591. Die gedagte is dat ons die kruisings wat dringend aandag nodig het, aan die munisipaliteit en vrywilligers sal deurgee om sodoende te probeer om met behulp van ons lesers ‘n verskil te maak.  

Lesers het  die h/v Eerstelaan en Van Collerstraat uitgewys waar lang gras sig bemoeilik.

 

Dié foto’s is ingestuur deur nog ‘n leser van die h/v Schilbach- en Van Collerstraat. 

  Al die foto’s wat ontvang word sal ook op Parys Gazette se webtuiste gelaai en opdateer word sodat rekord gehou word van kruisings wat gerapporteer word.  

 

Related Articles

Back to top button