News

Babaseuntjie op ashoop weggegooi

Polisie vra publiek se hulp

 

 

Die polisie vra die hulp van die gemeenskap om te help soek na die ouers van ‘n pasgebore babaseuntjie wat Dinsdagoggend 8 Maart op die vullisstortingsterrein net buite Parys gekry is.    

 

Hier is die liggaam van die pasgebore babaseuntjie gekry.   

Die liggaam van die babaseuntjie is net na 10:00 die oggend gekry nadat mense wat ‘n lewe maak uit herwinning by die stortingsterrein op die seuntjie se liggaam afgekom het, en dit aan die polisie gerapporteer is. Die seuntjie is op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar.  Daar was geen sigbare beserings aan sy lyfie nie, het polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, bevestig.

Die publiek is gevra om enige inligting aan speur-sers. Thamsanqa Nqai deur te gee by 082 554 3041.   

 

   

 

 

Related Articles

Back to top button