NewsNews

Bothaville: Einde in sig vir rioolprobleme

Bothaville: Einde in sig vir rioolprobleme

   

 

Nadat die AfriForum-tak in Bothaville al die afgelope twee jaar druk op die Nala Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen het oor rioolprobleme binne dié munisipaliteit, is die einde aan dié probleme uiteindelik in sig. Die installasie van ’n pyp wat riool van Brandstraat na die rioolwerke moet neem, is feitlik klaar en sal verhoed dat riool in die Valsrivier beland. Die munisipaliteit se kontrakteurs het in Oktober 2021 begin om die nuwe pyp te installeer.    

Rioolvloei in Kgotsong. Foto: Verskaf

    Die onderskeie politieke partye in die dorp en ander instansies het druk op die munisipaliteit geplaas vir die installasie van die pyplyn en het die plaaslike AriForum-tak op 3 Maart inspeksie op die terrein gaan doen. Daar is gevind dat daar nou geen riool meer hier in die rivier invloei nie. AfriForum het die munisipaliteit egter gemaan om toe te sien dat dié area en Brandstraat gerehabiliteer word sodra die werk voltooi is. Die AfriForum-tak sê hy sal voortgegaan om druk op die Nala munispaliteit te plaas, aangesien daar ook by Kgotsong ’n invloei van riool in die Valsrivier is wat reggestel moet word. Die munisipaliteit het reeds aangedui dat hulle ook aandag aan hierdie probleem gaan skenk, maar daar wat met die plasing van hierdie berig nog geen verbetering aan die situasie nie, en word die rivier steeds besoedel. Die plaaslike AfriForum-tak het die Nala Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas om aandag die besoedeling te skenk, en sê dat sou die situasie nie verbeter nie, AfriForum self die probleem sal regstel, en die koste van die munisipaliteit sal verhaal.        

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button