NewsNews

Geliefde oud-Gimmie se Xara gevind

Geliefde oud-Gimmie se Xara gevind

 
 
Xara, die 7 maande oue Pointer-kruising wat sedert Sondag soek was, is vanoggend, Vrydag 4 Maart, gekry. 
 
Sy het op  Sondag 27 Februarie  weggeraak op die N14 waar Annien Müller (22), ‘n vierdejaar mediese student aan die Pretoriase Universiteit en oudleerder van Potchefstroom Gimnasium, gesterf het.
 
Annien, en haar kêrel, Reino von Weilligh (29) was in aparte voertuie op pad terug na Pretoria toe die ongeluk op die N14 naby Diepsloot gebeur het.
Hulle het nog die Saterdag Annien se tweelingsussie, Carolien, se troue in Potchefstroom bygewoon.
 
Xara was by Reino in die motor.
 
Reino het beheer van sy voertuig net verby Diepsloot verloor.  Dit nadat daar alreeds ‘n ander voertuig ook op dieselfde plek in ‘n ongeluk betrokke was.
 
Annien het stilgehou om vir Reino te help, maar is toe deur ‘n derde voertuig, wat ook beheer op die pad verloor het, op die gras tussen die twee teerpaaie getref. Dit het omstreeks 16:45 gebeur.
 
Sy is gestabiliseer op die toneel en per helikopter na die Sunningdale Hospitaal in Klerksdorp vervoer.  Die dokters het probeer om haar weer te stabiliseer, maar sy het twee hartaanvalle gekry weens die impak van die beserings Reino is nie beseer nie.
 
Xara is vanoggend uitgeput en met ‘n paar skrape gekry. Mense van oraloor het sedert die ongeluk gehelp om na Xara te soek.
 
 
Annien en haar kerel van die afgelope 6 jaar, Reino von Wielligh. 

  Annien was een van Gimmies se top leerders wat in akademie en op sportgebied veral in swem en lewensredding uitgeblink het.

Annien en haar tweelingsussie, Carolien. Annien het die dag voor die ongeluk haar sussie se troue bygewoon. Foto: Facebook

 

 
 

Lees ook die berig in die Potchefstroom Herald: https://potchefstroomherald.co.za/102539/oud-gimmie-met-n-goue-hart-sterf-in-fratsongeluk/  

 

 
 

Related Articles

Back to top button