NewsNews

Doodspad: Ses sterf, 11 ongelukke in 2 dae

Doodspad: Ses sterf, 11 ongelukke in 2 dae

 

 

Die S30 tussen Bothaville en Allanridge het Sondagaand, 27 Februarie die lewe van ses mense van Bothaville geëis toe hul voertuig die pad verlaat en in die water langs die pad beland het.
Nooddienspersoneel en duikers was nog tot laat Sondagaand op die toneel besig, en is al ses oorledenes se liggame uit die water gehaal. Die oorledenes is na wat verneem is almal familie.
Dié gedeelte van die S30 het vroeg in Februarie ná swaar reën verspoel en is groot skade aan die teervlak aangerig.
Daar word steeds aan die pad gewerk en is daar waarskuwingsborde en konstruksieborde. Die pad is tans oop vir publieke verkeer.
Daar was in die verlede ernstige pleidooie dat die pad eerder gesluit moet word ter wille van motoriste se veiligheid tot herstelwerk aan die pad voltooi is.
Oor die naweek alleen is 11 ongelukke op dié pad gerapporteer.
Op 5 Februarie was ‘n Intercape-bus met 86 insittendes ook in die vloedwater langs die R30 vasgekeer. Al die insittendes kon na veiligheid gehelp word. Hulle was van Umtata na Pretoria onderweg.

 

 

   

 

 

Dié foto’s van die S30 tussen Bothaville en Allanridge is op 22 Februarie geneem.   

 

 

 

Related Articles

Back to top button