NewsNews

Kom kuier saam met Lappie en Louw by die Vredefort Hartshuis

Kom kuier saam met Lappie en Louw by die Vredefort Hartshuis

LAPPIE en LOUW nooi kinders en ouers van van heinde en verre om te kom deel in die pret, Saterdag 26ste Februarie  by die Vredefort  Hartshuis fees. Die kulkunsies is vet pret en buikspraak dialoog van opvoedkundig waarde. Kom kuiers saam by die Hartshuis in Vredefort en die Hoërskool Chris van Niekerk Saterdag. Daar is meer as genoeg om te hoor, sien en proe –  ‘n vyf ervaring vir oud en jonk wat vroeg begin en laat ophou. Toegang is gratis. Pret kos niks!

Koop snoepgoed by die vele kosstalletjies, of bring ‘n piekniekmandjie. Onthou, n kombers of n stoel, kamp uit en luister na die musiek die hele dag, bekyk die kuns, of koop mooi goed, dis n FEES! Die vermaaklikheidsfees is ‘n eerste vir die Vredefort Hartshuis om dankie te sê vir ‘n gemeenskap se omgee. Die Hartshuis is ‘n nie-winsgewende organisasie wat begin is deur die eienaar, Zuanne-Marie Joubert. Die Hartshuis huisves mense wat suiwer van ‘n Sassa-pensioen afhanklik is. Bring die hele familie en sommer die honde ook en kom kuier al van vroeg die oggend saam by die Hartshuis, De Wetstraat 19, Verskeie kunstenaars sal die dag optree,met die hoofvertoning die Saterdagaand met Armand Hofmeyr as gaskunstenaar vanaf 18:00.

 

Die pret begin reeds die oggend vanaf 06:00 met die Vredefort Tickled Pink Fun Run wat jy kan stap/draf as jy kans sien vir om die blok of 5km. Na die stap is daar waterkaskenades by die skoolterrein. Naas die kunstenaars se optrede is daar ook kuns- en kosstalletjies, tradisionele dansers, gospelsangers en donkiekarritte wat aangebied word. Die aand is daar ‘n modeparade, en jy kan bly vir die liefdesliedjies van Armand Hofmeyr en sonsondergang piekniek. Bring jou koepeltent (dome tent) en kom kamp teen slegs R200 per tent op die terrein. Daar sal behalwe vir die kosstalletjies ook braaigeriewe wees. Parkering is beskikbaar op die Chris van Niekerk-terrein. Vir navrae skakel 081 760 2772

Related Articles

Back to top button