NewsNews

Tifuskoors-uitbraak: Dit is wat jy moet weet

  Tifuskoors is `n potensieel dodelike infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë Salmonella typhi. Die bakterieë word oorgedra deur inname van kos en drank wat besmet is deur die ontlasting en urine van mense wat besmet is.       Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrake in …

 

Tifuskoors is `n potensieel dodelike infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë Salmonella typhi. Die bakterieë word oorgedra deur inname van kos en drank wat besmet is deur die ontlasting en urine van mense wat besmet is.

 
 
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrake in die Wes-Kaap wat in totaal 64 gevalle is – daar is ook reeds 45 gevalle in Gauteng. Die tifus-uitbreek is reeds Woensdag bekend gemaak. In SA is tifus ‘n aanmeldbare toestand.

Kinders tussen 5 en 15jr is glo die grootste risiko. Daar is ‘n effektiewe behandeling en ‘n voorkomende entstof teen hierdie siekte. As dit nie behandel word nie kan dit egter dodelik wees.

 
Tifuskoors kan net deur ‘n bloedtoets bevestig word en word gewoonlik net gedoen as ‘n persoon in ‘n hospitaal opgeneem is.
 
Simptome sluit in kenmerke van ‘n gewone griep: koors, moegheid, hoofpyn, naarheid, maagpyn. Selfs al gaan simptome weg kan die bakterieë in die maag bly en ‘n persoon kan ‘n draer wees en sodoende ander mense aansteek.
 
 
 
 
Lees die oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/124210/tifuskoors-reeds-heelwat-gevalle-in-gauteng-ook/
 
 
 
 
 

Related Articles

Back to top button