NewsNews

GROOTSTE AFRIKAANSE SPELETJIEOLIMPIADE

As jou kinders ook lief is vir bordspeletjies moet jy beslis hier lees

 

 

Spoetnik is in 2015 gestig en bevorder die laaste ses jaar Afrikaans en Afrikanergeskiedenis op ’n speel-speel manier deur die meer as 13 bordspeletjies wat hulle al bekendgestel het. Boereplaas, TydToer, Tel jou woorde en Die volgende stop is maar ’n paar van hulle suksesverhale.

 

Die FAK het op 18 November 2021 by die Voortrekkermonument hierdie baanbrekers vereer met ’n FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans en Afrikanergeskiedenis. Spoetnik het ook ’n oorsig gee van hul bestaande bordspeletjies.

 

Op Saterdag 26 Februarie gee die FAK en Spoetnik vir jou die kans om die kampioen van kampioene te wees in die speletjieswêreld en weg te stap met splinternuwe bordspeletjies en meer.

 

HOE GAAN DIE OLIMPIADE WERK:

 

Jy kan inskryf vir een van twee ouderdomsgroepe: Laerskool (Graad 5 tot 7) of Hoërskool (Graad 8 tot 12).

 

Elke ouderdomsgroep gaan vier speletjies speel waaruit die topses van elke ouderdomsgroep gekies sal word. Hierdie topses gaan dan teen mekaar meeding om die kampioen van Hoërskole en Laerskole te bepaal. Die wenner gaan ook met die lekker pryse wegstap.

 

Die vier speletjies wat gespeel gaan word, is Boereplaas, TydToer, Patriot Troefkaarte en Tel jou woorde.

 

Skryf nou in deur op die volgende skakel te klik: https://projekte.co.za/

Inskrywings sluit 18 Februarie.

Verdere inligting oor die deelname sal later volg.

 

DATUM: 26 Februarie

TYD: 09:00-17:00

PLEK: Voortrekkersaal: Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027

Inskrywingskoste: R50

 

Daar sal tydens die dag ligte verversings bedien word aan die deelnemers. Toeskouers is welkom om vir hulle verversings by Skool op Wiele of Oom Paul se Deli te gaan koop. Geen ontwrigting of inmenging van toeskouers sal aanvaar word nie. Spoetnik se speletjies sal ook te koop wees, bring gerus kontant saam.

 

Ons sien daarna uit dat julle saam met ons kom pret hê.

 

Vir enige navrae stuur asseblief ’n e-pos na Lieandri by lieandri@kultuurtuiste.org.za

 

Related Articles

Back to top button