NewsNews

Rowers skiet man koelbloedig dood by vakansieoord

Rowers skiet man koelbloedig dood by vakansieoord

 

 

 

‘n Inwoner van Potchefstroom, Johannes Brits  is Donderdag in die vroeë oggendure enkele dae ná sy 68 ste verjaardag koelbloedig deur drie gewapende rowers by die Buffelspoort-vakansieoord naby Rustenburg, doodgeskiet. Mnr. Brits was saam met familie by die vakansieoord. Die rowers het by hul chalet ingebreek en in die struweling wat gevolg het is mnr. Brits geskiet. Hy is op die toneel dood. Die rowers het deur die venster gevlug met onder meer drie selfone.

Reinard du Plessis, nasionale woordvoerder van die ATKV het aan Netwerk24 gesê dat daar nog nog nooit so iets by enige van die ATKV-oorde gebeur het nie en dat almal geskok en erg getraumatiseerd is.

Berading en ondersteuning is aan die gaste en personeel by die oord gegee, het Du Plessis gesê. Hy het ook bygevoeg dat gaste en personeel se veiligheid hul grootste prioriteit is.

Netwerk24 berig die oord het in  ‘n verklaring op sy webtuiste gesê : “Hoewel die ATKV-Buffelspoort nie in hierdie stadium kommentaar kan lewer oor presies hoe die aanvallers toegang tot die chalet verkry het nie, werk ons ten nouste saam met die polisie en die gemeenskappolisiëringforum (GPF).” Du Plessis het ook gesê dat bestaande veiligheidsmaatreëls by die Buffelspoort-oord opgeskerp sal word. Die oord is steeds oop vir besoekers. Mnr. Brits was vroeër verbonde was aan departement landbou.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button