NewsNews

Mooirivier Mall trek binnekort ’n nuwe baadjie aan

Mooirivier Mall trek binnekort ’n nuwe baadjie aan

 

 

‘n Grootskaalse opknapping vind oor die volgende ses maande plaas waar die hele binnekant van die Mooirivier Mall oorgedoen word

Daar is groot opgewondenheid by die Mooirivier Mall oor die nuwe glansryke voorkoms wat vanjaar beplan word. Potchefstromers gaan steeds al hulle gunstelingwinkels kan besoek, maar moet kennis neem dat hulle vir ‘n tydperk van ongeveer ses maande, wel ongerief sal moet verduur. ‘n Grootskaalse opknapping vind oor die volgende ses maande plaas waar die hele binnekant van die Mooirivier Mall oorgedoen word. Sodoende kry hierdie gewilde inkopiesentrum ‘n ware beeldverandering in sy 14de bestaansjaar waarby almal gaan baat vind om die inkopie-ervaring na die volgende vlak te neem. Ryno Meiring, bemarkingsbestuurder van die Mooirivier Mall, noem dat hierdie soort opknapping gewoonlik elke 10 jaar gebeur, maar dat Covid-19 sake bemoeilik het.

 

“Die Mall is in April vanjaar 14 jaar oud en nou het ons die geleentheid om die binnekant van die Mall oor te doen. Daar gaan oor die volgende ses maande nuwe teëls gelê word, beligting veranderings, asook ‘n algehele verandering van alle badkamers plaasvind,” noem Meiring. Die eerste badkamer wat dan vir ongeveer twee maande gesluit sal wees, is die een naaste aan Checkers. Daarna sal elke badkamer afsonderlik oorgedoen word.

 

 
 
“Ons beoog dat die totale opknapping teen 13 September 2022 voltooi sal word.
Ons beklemtoon ook dat alles veilig sal wees en meeste van die werk met die opknapping na winkelure sal gebeur,” noem Meiring. Hy spreek ook sy dank uit teenoor al die winkels, kliënte en inkopiegangers wat die Mall deur die afgelope 14 jaar ondersteun.
 
“Dit is aan hulle te danke dat ons nou die fondse het om die opknapping te kan doen. Met hierdie opknapping gee ons terug aan ons gewaardeerde kliënte.”
 
 
 
Die Mooirivier Mall is 53 000 vierkante meter groot met ongeveer 70 verskillende winkels. Met hierdie opknapping is daar ook nuwe winkels soos Cotton On en restaurante soos Hennie’s wat in die pyplyn is. “Ons is opgewonde oor wat voorlê en kan nie wag om die eindproduk van die opknapping saam met ons kliënte te kan geniet nie,” sê Meiring
 
 
 
 
 
 

Related Articles

Back to top button