NewsNews

NWU sal hulle Covid-19 inentingsbeleid hersien

NWU sal hulle Covid-19 inentingsbeleid hersien

 

 

Die NWU het in hulle nuutste omsendbrief op 11 Februarie genoem dat hulle die risiko-evalueering en veiligheidsmaatreëls sal hersien en dan besluit of die oorspronklike beleid van krag sal wees, of aldan nie.

Nadat die Noordwes Universiteit (NWU) op 4 Februarie ‘n omsendbrief uitgereik het wat hulle Covid-19 inentingsbeleids uiteensit, is daar slegs ‘n week later besluit om die beleid vir eers op ys te plaas. In die oorspronklike beleid word daar genoem dat studente net toegang tot sekere aktwiteite en fasiliteite sal hê, indien hulle ingeent is of vrystelling gekry het.

 

Daardie besluit het die wenkbroue laat lig en student en belanghebbendes onder die indruk geplaas dat inenting verpligtend is. Die NWU se waarnemende vise-kansellier, Prof. Linda du Plessis, het sedertien bevestig dat daar geen verpligting op Covid-19 inenting is nie. Die NWU het in hulle nuutste omsendbrief op 11 Februarie genoem dat hulle die risiko-evalueering en veiligheidsmaatreëls sal hersien en dan besluit of die oorspronklike beleid van krag sal wees, of aldan nie.

 

“Ons doen dit omdat ons besef baie het in die eksterne omgewing verander sedert ons met die ontwikkeling en bekendstelling van hierdie planne in die laaste kwartaal van 2021 begin het. Ons wag tans vir die ontvangs van die hersiene COVID-19-riglyne vir hoër onderwys wat mettertyd vrygestel sal word,” het die NWU in die omsendbrief genoem. “Ons maak toegang tot kampusfasiliteite vir almal oop, ongeag hul inentingstatus. Daar moet daarop gelet word dat ander organisasies met wie ons saamwerk, inenting van ons studente kan vereis. ‘n Voorbeeld sou studente in Gesondheidswetenskappe wees,” noem die NWU verder. Die NWU het ook beklemtoon dat studente wat ingeent is steeds hulle inentingssertifikate moet indien sowel as studente wat vrystelling benodig daarvoor aansoek moet doen. Die Vryheidsfront Plus het hierdie besluit van die NWU rondom Covid-19 inentings verwelkom. “Die VF Plus sal voortgaan om in gesprek te tree met die universiteitsowerheid om die situasie te monitor om te verseker dat alle betrokkenes se regte gerespekteer en beskerm word. Die NWU se vroeëre voorstelle behoort bloot geskrap te word.

 
“Die onverwagte vroeëre aankondiging deur die NWU van verpligte inentings en buitensporig streng protokolle vir NWU studente en personeel, het tot groot ontwrigting, verwarring en onsekerheid gelei. Dit is belangrik dat die NWU kennis neem dat enige beleidsbesluite wat só ‘n groot impak op van die liggaamlike integriteit, tot die geestelike en finansiële welstand van studente het, nie sonder intensiewe en meningsvolle konsultasie met studente, hul ouers en die personeel ingestel kan word nie,” noem VF Plus se provinsiale leier in Noordwes, Michal Groenewald.  
 
 
 
https://potchefstroomherald.co.za/101714/nwu-sal-hulle-covid-19-inentingsbeleid-hersien/
 
 

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button