News

Só lyk dorp se reënvalsyfer nou

  Parysenaars het teen Vrydag 11 Februarie reeds 45mm reën vir Februarie gehad. Desember is 201mm in die dorp gemeet en vir Januarie 90mm. Met Donderdag se swaar reën en donderstorm het ’n palmboom in die Papavarnavas-erf op die h/v President Steyn en Bothastraat aan die brand geraak. Dit het gesorg vir ’n skouspelagtige vuurwerkvertoning …

 

Parysenaars het teen Vrydag 11 Februarie reeds 45mm reën vir Februarie gehad. Desember is 201mm in die dorp gemeet en vir Januarie 90mm.

Met Donderdag se swaar reën en donderstorm het ’n palmboom in die Papavarnavas-erf op die h/v President Steyn en Bothastraat aan die brand geraak. Dit het gesorg vir ’n skouspelagtige vuurwerkvertoning in die nagdonker.

 

Foto: Verskaf

 

In die Weiveld-distrik is daar tot dusver reeds 67mm reën vir Februarie gemeet, en het die distrik 204mm reën gehad vir Januarie. Vir Desember is 354mm reën in die Weiveld-distrik gemeet. Die distrik se gemiddeld vir Desember oor die afgelope 39 jaar was 141mm reën.

 

Vaaldam het teen Saterdag 11 Februarie nog een sluis oopgehad en was die dam teen Maandag 110,02% vol. Bloemhofdam was Maandag 106,13% vol. Die Vaalrivier se bokspringe is ook al heelwat minder en kan die ou laagwaterbruggie na Gholfeiland weer gesien word nadat hy vroeër onder water was.  

 

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button