NewsNews

Weef-inisiatief skep inkomste vir vroue

Weef-inisiatief skep inkomste vir vroue

 

Dis al amper ‘n jaar vandat Second Life Goods Parys sy deure in Parys oorkant die poskantoor oopgemaak het. Die huis langs die pragtige ou Anglikaanse kerk op die hoek het oornag verander in ‘n winkel wat reeds hoop en moed vir baie in die dorp gebied het. ‘n Tweede tak het ook reeds in Vredefort sy deure oorkant die polisiestasie, oopgemaak. Met klere te koop vir ‘n appel en ‘n ei, kan baie met ‘n breë glimlag by die winkel se deur met menswaardigheid en verligting uitstap. Die klere wat hier verkoop word, word nie vir winsdoeleindes verkoop nie, maar om projekte in en om die dorp moontlik te maak. Só is die tekstiel herwinningsprojek wat uit die inisiatief ontstaan het, een van die maniere waarmee ou kledingstukke wat nie meer nut het, nou gebruik word om nuttige artikels te maak deur die lap te weef.  

Die tekstiel herwinningsprojek is ‘n inisiatief van Second Life Goods Parys.

 

 

Een van die vrywilligers, Alma, het die kuns vinnig onder die knie gekry en het al in Vredefort en in Schonkenville werkswinkels aangebied om ander vroue met die vaardigheid toe te rus. Die plekmatjies en badmatte wat geweef word, word dan verkoop en die inkomste help dié huishoudings waaruit die vroue kom. Dankie aan die gemeenskappe van Parys en Vredefort wat die Second Life Goods inisiatief en tekstiel herwinningsprojek ondersteun om só nog meer mense deur die unieke projekte te kan help. As jy enige klere of huisware het wat nie meer vir jou van nut is nie, kan jy dit by Second Life Goods Parys in Buitenstraat regoor Parys Poskantoor afgee. Die winkel is weeksdae tussen 08:00 en 16:00 en Saterdae tussen 09:00 en 13:00 oop. Jy kan ook reël dat dit by jou afgehaal word.  

 

 

 

Related Articles

Back to top button