NewsNews

Só kan jy wen vir Valentynsdag: Het jy al ingeskryf?

Só kan jy wen vir Valentynsdag: Het jy al ingeskryf?

Is jy uit idees en platsak om iemand spesiaal te bederf op Valentynsdag, Maandag 14 Februarie?

Skryf nou in, dis heeltemal gratis en een gelukkige paartjie staan ‘n kans om ‘n masering vir ‘n paartjie (couple massage) by Egweni River Spa te wen.

Al wat jy moet doen is om ‘n boodskap vir iemand spesiaal en na aan jou hart te epos na gazettenuus@gmail.com of te whatsapp na 060 690 7591 waarin jy sê waarom jy die persoon in jou lewe waardeer. Jy kan ook sou jy verkies ‘n foto van jouself saam met jou boodskap stuur. Al die boodskappe sal gratis op Parys Gazette se webtuiste geplaas word en sal die boodskap wat die oorspronklikste is deur ‘n onafhanklike beoordelaar aangewys word wat dan die prys sal ontvang. Die wenner sal Sondag 13 Februarie om 12:00 aangekondig word op Parys Gazette se webtuiste en Facebook-blad Die beoordelaar se beslissing is finaal. As daar een ding is wat die afgelope twee jaar ons geleer het, is dit om mekaar te waardeer.  Kom ons sê dit weer opnuut vir mekaar.  

Hier is ons eerste Valentynsboodskap Petro Treurnicht skryf:

As n gebore Vrystater het ek en jy hard gewerk vir kos op die tafel. Ons het ons seun grootgemaak met respek en geloof en baie liefde. Gou was sy tyd te kort op die aarde. Ek en jy hanteer dit steeds elke dag. Steeds werk ons hard! AAN MY LIEWE MAN – baie dankie vir wat jy al meer as 30 jaar vir ons gedoen het. Dankie dat jy saam lag, maar ook troos. Dankie dat jy so voluit leef. Dankie vir ons plekkie in die son in Parys. Dankie vir jou oor wat altyd geduldig na my vinnige hart luister. Dankie dat ons saam n pad kan stap tot ons eendag ook die aardse lewe groet. Jy is n YSTER!
Al wen ons nie, is ons steeds dankbaar om gespaar te bly vir nog n Valentynsdag. Dit is so lekker om net n dag vir liefde te kan afstaan. Geniet Valentynsdag!
Liefde jou vrou
Buksie

Related Articles

Back to top button