NewsNews

Só is hekellappe nuwe lewe gegee

Só is hekellappe nuwe lewe gegee

 

Hekel is deesdae ‘n groot gier by baie en het oud en jonk veral ook gedurende die grendeltyd dié kuns bemeester, maar onthou jy nog hoe ouma vroeër jaar haar hekellappe nuwe lewe gegee het?

Lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) in Parys het verlede week saamgekuier toe Linda Kruger kom vertel en demonstreer het hoe hekellappe gestyf word om weer as iets nuuts te kan gebruik. Hekel het sy ontstaan uit die 1800’s. Vroue het letterlik van enigiets ‘n hekelpen probeer maak – lepelstele, stokkies, draad, dit wat hul kon kry het hul gebruik.

Kyk net die nuttige VLU-wenk vir die maand. Gaan probeer dit gerus.

Met verlede week se VLU vergadering het drie nuwe lede aangesluit by die groep dinamiese vroue wat tussendeur die gewoel en werskaf van ma- en vrou-wees, tyd maak om skeppend te wees, nuwe vaardighede te leer, idees uit te ruil en ‘n nuwe belangstelling te ontdek. Op die koop toe word hier hegte vriendskappe gesmee, en of jy nou vaardig is met ‘n naald of nie, graag kook, bak, hou van tuinwerk of fotografie, wat ook al jou belangstelling – hier sal jy beslis inspirasie en oulike idees kry. Daar is heelwat interessante onderwerpe waaroor vanjaar gesels word. As jy nie wil aansluit nie, is jy welkom as ‘n gas. Daar word weer saamgekuier op 1 Maart met die tema, Interieur. Bevestig bywoning vooraf. Skakel vir Bernadet van der Ende by 082 474 0304 of Annatjie Dreyer by 082 464 0204.  

 

   

 

Related Articles

Back to top button