News

Doornkloof-tragedie: Troosdiens op Voortrekkerplaas gehou

Doornkloof-tragedie: Troosdiens op Voortrekkerplaas gehou

 

1

Die troosdiens van die 59-jarige Chris Gillomee sal Sondag om 11:00 op die Voortrekker-kampterrein, Doornkloof, buite Lindley, gehou word.

Chris het Vrydagnag 4 Februarie tragies gesterf tydens n angsnag wat kwalik in woorde beskryf kan word toe vloedwater hom meegesleur het tydens n fratsvloed. Swaar reën van by die 140mm het die nag geval en het die Sterkspruit sy walle oorstroom.

Chris het juis opgestaan om seker te maak dat almal op die terrein veilig was. Leerders van Hoërskool Witteberg was vir n koorkamp op Doornkloof en is na veiligheid geskuif.

Gillomee wat 4 jaar lank terreinbestuurder was, se liggaam is na n soektog gekry .

 

Boere in die omgewing het gehelp om die kinders na Lindley terug te bring vanwaar ‘n bussie hulle na Bethlehem geneem het.

Groot struktuurskade is met die vloed op Doornkloof aangerig en is n rampfonds vir die herstel van die Doornkloof-plaas intussen gestig.

 

 

Doornkloof was die plaas van Voortrekkerleier Sarel Cilliers.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button