News

Só sê kundige oor dié uitsonderlike kleure

Só sê kundige oor dié uitsonderlike kleure

 

 

Van Nederland tot in Calvinia deel mense oor die wêreld die mooiste foto’s van sonsondergange, en selfs sonopkoms. Elkeen ’n skildery uit ’n Meestershand, maar wat die meeste opval is die kleure wat nou gesien word in skakerings van rooi. pienk en goud. Baie meen dit is as gevolg van die vulkaniese uitbarsting by Tongaat met partikels van die vulkaniese as wat in die atmosfeer ronddryf en dan die son se lig reflekteer.  

Die uitsonderlike kleure is deur die lens van Elize Odendaal vasgevang.

Die bekende omgewingskundige Dave Pepler se antwoord op die uitsonderlike kleure wat nou gesien word met sonsondergang, is dat die baie reën wat ons op die oomblik kry, beslis ’n rol speel. Pepler skryf op sy Facebook-blad dat die aswolk van die vulkaan weswaarts beweeg het. Hoog in die atmosfeer is daar straalstrome wat tot 400km per uur beweeg, en bestaan die moontlikheid daarom dat ’n verdunde aswolk ons reeds getref het. As gevolg van die hoë reënval wat nou gesien word, word water in die atmosfeer teen sononder deur die laaste strale van die son onderskep, en die verstrooide lig is rooi, skryf Pepler. Hy sê ook dat stof dieselfde verskynsel veroorsaak.

 

Foto: Liezl Scheepers

 

 

 

Related Articles

Back to top button